Televangelisme

Televangelis Joel Osteen te Lakewood Church, 'n megakerk in Houston, Texas (VSA).

Televangelisme verwys na die kommunikeer van die Christelike geloof via televisie. Die woord is 'n portmanteau van televisie en evangelisme en is deur Time-tydskrif in die Engels as Televangelism gemunt.[1] Televangeliste is Christelike predikers wat 'n aansienlike aandeel van hul preke op televisie uitsaai. Die term word ook spottenderwys deur kritici aangewend om die selfverheerliking van sulke predikers te insinueer.

  1. Time: 75th Anniversary issue, March 9, 1998

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search